‘n Voormalige Hoërskool Goudrif student is opgewonde om sy studies in Finland te begin.
Jaco Maritz se skool loopbaan het aan die Laerskool Witfield, in Boksburg, begin en hy het letterlik aan alles deelgeneem, insluitend die leerlingraad.
Maritz het by die Primrose Stoeiklub aangesluit en verskeie trofee en medaljes ontvang.
Sy loopbaan aan die Hoërskool Goudrif was ‘n sukses, en weereens het hy aan alle skoolaktiwiteite deelgeneem.
In 2010 het hy by die Potchestroom Universiteit se Skool vir Geo en Ruimtelike Wetenskap aangesluit en, aan die einde van die jaar, het hy ‘n meriete toekenning vir akademiese prestasie by die universiteit ontvang.
Hy het in 2014 sy Honeursgraad in stads- en streekbeplanning bekom, sowel as ‘n ere toekenning vir die beste navorsing projek in stads- en streeksbeplanning.
Nou lê ‘n nuwe avontuur in Finland vir hom voor, waar ‘n universiteit vir hom ‘n beurs aangebied het om sy meestersgraad in 2015 te voltooi.



