Helpende Hand reik uit na nuwe graad een leerders
Solidariteit Helpende Hand Germiston se uitreik met skooltassies vir behoeftige graad een leerders was ’n groot sukses.
Vanaf Desember 2015 tot amper einde Januarie 2016 was die hele span van die Helpende Hand Germiston-tak se groot projek om hulp te verleen aan behoeftige Afrikaner kinders, wat vanjaar hul skoolloopbaan as graad een leerlinge begin het.
Meer as 27 000 tassies is al aan behoeftige graad eens geskenk sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is.

Helpende Hand glo dat armoede aangespreek kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graad eens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry en hulle ’n gelyke geleentheid gebied word.
Die jaar het Heidie Searl, voorsitter van die Solidariteit Helpende Hand Germiston-tak in Lambton die projek persoonlik aangepak saam met haar projek leiers.
Daar was groot nood met skryfbehoeftes, maar danksy die harde werk, tyd wat ingesit is en liefde vir kinders het meer as 100 Afrikaner seuns en dogters ’n volledige skooltassie ontvang met alles wat hulle benodig vanjaar.
Die skooltassie het uitdraaikryte, ’n inkleurboek, legkaart, bou blokkies, inkleurpotlode, grys potlode, ’n liniaal, skerpmaker, skêr, uitveër, gom, pennesakkie en witbord met penne bevat.
Die waarde van die inhoud is ongeveer R800.
Nie net die graad een leerders was gehelp nie, want die tak se span het alles in hul vermoë gedoen om met behulp van die gemeenskapslede die ouer boeties en sussies ook te voorsien van rugsakke, skool uniforms en die nodigste skryfbehoeftes.
Tans het hul ook ’n “Stroopsoet”-projek begin om die leerders wat hulp ontvang het te voorsien van tuisgemaakte broodsmere om seker te maak dat die kinders ook pouse ’n toebroodjie uit hul kosblik kan geniet.
Die eerste smere is op 12 Januarie uitgedeel en daarmee was hulp verleen aan 17 gesinne.
Borge of enige donasies van leë deurskynende glas houers met proppe, suiker, brode of ander smere sal grootliks waardeer word om die gesinne en kinders op ’n gereelde basis te kan help.
Onthou geleerdheid is ons kinders se toekoms en geen kind kan konsentreer op ’n honger maag nie.
Skenkings kan afgegee word by enige Heavenly Flowers skool in Lambton.
Indien mense graag betrokke wil raak of deel wil wees van Solidariteit Helpende Hand Germiston se uitdeelaksie-projek kan hul Searl kontak tydens kantoor ure by 011 824-2983 of na-ure by 076 271 3590.
Solidariteit Helpende Hand is ’n geregistreerde handelsmerk en deel van die Solidariteit beweging.
Other articles you may be interested in:
Helpende Hand takel graad eens se grootste leerprobleme



