Local newsNews

Vier die liefde: Johan en Stella se liefde skitter elke dag

“In die veertig jaar van getroude lewe en die 48 jaar wat ons mekaar ken, is ons al baie deur die lewe gegooi, gebytel en geskuur. Maar hoe meer die lewe skuur hoe blinker is ons liefde vir mekaar.”

Johan (60) en Stella (58) Naudé van Dinwiddie het hul 40ste huweliksherdenking op 7 Februarie gevier.
Hulle is in 1981 getroud.

“Ek het my Johan op die vroeë ouderdom van 10 jaar ontmoet. Hy en my oudste broer was skoolvriende. Toe ek 12 word, het ek meer bewus geraak van my broer se maatjie en hy ook van sy vriend se sussie en saam het die twee my begin terg en verpes. Daardie Desembervakansie is ons gekys.

“Ons het so ses straatblokke van mekaar af gewoon in Primrose. Ons mag net Woensdagaande 6nm tot 8nm en Vrydag en Saterdag tot 10nm gekuier het. Sondae het ons mekaar by die kerk gesien. Elke maand het ons het gaan fliek by die Plaza in Primrose,” het Stella vertel.

Na skool is Johan opgeroep weermag toe en was hy op die grens vir 18 maande. “Kommunikasie was maar min. Ek het lang briewe geskryf,” het Stella vertel. Hulle het verloof geraak op haar 18de verjaarsdag.

LEES OOK: Wall of remembrance: Family mourns Paul

“Die plan was om twee jaar later, wanneer hy sy ambag voltooi het, te trou. Ek het van plan verander en het Johan gevra om te trou – nogal ’n telegram direk gestuur na sy werk. Die telegram het gelees ‘Ek trou in Februarie, as jy saamstem kies ’n datum’.

“Daardie aand het hy kom kuier en saamgestem ons hoef nie twee jaar te wag nie. Die geld was min, maar ’n woonstel was teen R90 per maand goedkoper as wat ons by ons ouerhuise sou betaal het vir verblyf. My salaris was R320 per maand. Maar met R100 het jy twee trollies vol kruideniers gekoop.”

Deur die jare was Johan baie weg van die huis as gevolg van weermagkampe en later jare het sy werk hom gereeld laat reis. Die paartjie het drie kinders, ’n dogter en twee seuns.

“Ons dogter, Bernandine Naudé, sou hierdie jaar haar 40ste verjaardag gevier het. Sy is egter in Maart 2000 vermoor in ’n kaping waaroor julle (GCN) ook berig het,” het Stella gesê.

Hulle seuns, Jacques (37) en Jeandré (30), het ook al hulle eie families en bly sommer naby aan ouma en oupa, wat geseën is met pragtige kleinkinders.

“In die 40 jaar van getroude lewe en die 48 jaar wat ons mekaar ken, is ons al baie deur die lewe gegooi, gebytel en geskuur. Maar hoe meer die lewe skuur hoe blinker is ons liefde vir mekaar.”

Contact the newsroom by emailing:

Marietta Lombard (Editor) germistoncitynews@caxton.co.za,  or (Journalists) Busi Vilakazi busiv@caxton.co.za and Lebogang Sekgwama lebogangs@caxton.co.za.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Germiston City News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button