Die HoƩrskool Goudrif se jukskeispelers het, tydens die afgelope seisoen, weer skitterend in die Sentraal Gauteng-liga presteer.
Die o-19A-dogterspan, o-19A-seunspan asook die o-16A-dogterspan het hul onderskeie ligas gewen, terwyl die o-16A-seunspan derde geƫindig het.
Die wenners het almal aan die Direkteursfinaal te Krugersdorp deelgeneem, waar hulle teen 10 skole meegeding het om die Direkteurstrofee.
Die o-19A-dogterspan het met die louere weggestap en is as wenners van die dag aangewys, nadat hulle hul naaste teenstander met 20 punte geklop het.
Die skool se o-19-dogterspan gaan van Desember 9 tot 13 aan dis Suid-Afrika Skole Toernooi, te Pretoria, deelneem.




