Atlete is skool se trots
Hoërskool Elsburg atlete hou skool se naam hoog.
By: San-Mari Erasmus
Na afloop van die Inter-Germiston byeenkoms is talle leerders van die Hoërskool Elsburg uitgenooi na die D6-kampioenskappe.
Leerders wat hier deelgeneem het was Ashley Tshuma, Ashwerny van Wyk, Tebogo Miya, Lazé Lombard, Neo Mashabeza, Nosipho Mnisi, Nikitha van Staden, Carlos de Kock, Elexcios Kgotego, Lindokuhle Mthombeni, Sibusiso Mpokela, Elmarie Blignaut, Silvania Gombo, Hanjoe Kruger, Zizipho Madotyeni, Kaylen Pietersen, Zizipho Ndata en Percy Zwane.
Ndata en Pietersen, albei matriek leerders aan die Hoërskool Elsburg, het deurgedring na die Gauteng Atletiekbyeenkoms op 13 en 15 Maart.
Pietersen het vyfde gekom in die 100m naelope vir dogters o-19 en Ndata het ook vyfde geëindig, in die 400m hekkies vir dogters o-19.
Ongelukkig het nie een van hulle na die finaal deurgedring nie.
Tog is die Hoërskool Elsburg trots om twee sulke puik atlete vanjaar te kon oplewer.

Ander Hoërskool Elsburg stories:
Zombies take over Hoërskool Elsburg



