Editor's noteEntertainmentLifestyle

Nuwe reeks benodig vurige bure

SAUK2 soek na stories in Afrikaans, vir 'n splinternuwe reeks oor konflik tussen bure.

SAUK2 soek na stories in Afrikaans, vir ‘n splinternuwe reeks oor konflik tussen bure.

As jy sonde met die bure het wat net nie wil einde kry nie, is hier nou jou kans vir ‘n oplossing wat almal sal laat goed voel.

Hier is maar net ‘n paar van die uitdagings wat baie mense daagliks die hoenders in maak vir hulle bure: kultuur en Godsdiensverskille, grense, heinings en mure, geraas, katte, baldadige kinders en blaffende honde, geeste, spoke, tokolossies en heksery, diefstal, inbrake, parkering, vullis, en huismoles, sjebeens, wettige en onwettige besighede langsaan, dwelms en nog veel meer.

Die vervaardigers nooi alle Afrikaanssprekendes en hulle bure in die Germiston area uit om hul stories op SAUK2 te kom vertel.

Dis baie belangrik dat julle toestem on julle storie op SAUK2 te vertel.

Kontak SAUK2 asseblief net as jy bereid is om op televisie te verskyn.

‘n Paneel deskundiges is byderhand om oor die probleem te gesels en sommer net daar en dan op te los.

En diĆ© van julle wat rerig goed oor die weg kom met julle bure, veral as hulle van ‘n ander kultuurgroep af is – laat ook gerus weet.

Die SAUK2 stel baie belang in julle sukses-resep.

Belangstellendes kan die SAUK2 gerus by 079 315 6294 SMS.

Los ‘n kort beskrywing van jou probleem en hulle sal kontak maak, of stuur ‘n epos aan vredemetdiebure@gmail.com.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Germiston City News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button