Local news

Heidelbergse Onderwyskollege se geskiedenis herleef by erfenisseëlskou

Die uitstalling is tussen 24 en 26 September in die Voortrekkersaal by die monument te siene gewees.

Die geskiedenis van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) van 1909 tot 1967 was deel van die Gautengse Filateliese Seëlskou, ’n erfenisskou wat van 24 tot 26 September by die Voortrekkermonument aangebied is.

Die uitstalling was in die Voortrekkersaal te sien.

Die HOK was die eerste kollege wat aan die einde van 1967 gesluit het, maar ander kolleges in Potchefstroom, Goudstad (Johannesburg) en Pretoria het later gevolg.

Die eerste 50 jaar van die HOK se bestaan, wat kort ná die Anglo-Boereoorlog tot stand gekom het, is gekenmerk deur groei te midde van die groot griep, die depressie en die nagevolge van die Eerste en Tweede Wêreldoorloë.

Die uitstalling is opgestel in die Voortrekkersaal by die Voortrekkermonument. FOTO: Verskaf

Vanaf 1950 het die kollege op alle terreine gegroei, soos die foto’s wat by die uitstalling beskikbaar was, ook getuig het.

“Dis goed om ná 60 jaar die rol wat die kollege in Heidelberg gespeel het om gehalte-opleiding aan voornemende onderwysers te bied, nou digitaal te kan deel,” sê Susan du Plessis, wat die uitstalling op die been gebring het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button