GalleriesSports galleries

Gemengde welslae vir Nigel Rugbyklub (Sasol kragmeting)

Nigel Rugbyklub se kragmeting teen Sasol die afgelope naweek het weer vir groot opwinding onder toeskouers gesorg.

Die eerste wedstryd tussen die o/21s het om 13:00 by John Vorster Stadion afgeskop, maar die tuisspan se verdediging het hulle in die steek gelaat en kon nie daarin slaag om die opposisie van hul doellyn weg te hou nie. Talle foute in die tweede helfte het Nigel op die agtervoet geplaas en Sasol het duidelik die oorhand geneem. Die wedstryd is met ‘n telling van 39-10 in Sasol se guns beslis, maar ongeag die verloor, het Nigel se o/21s na die semi-finaal van die Merlin liga deurgedring.

In ‘n spogvertoning het Nigel se tweedes bewys hoekom hulle die titel as ligawenners dra toe hulle Sasol met ‘n telling van 13-10 geklop het. Stefan Deysel het die enigste drie in die wedstryd gedruk, wat daarna deur Willem Labuschagne verdoel is. Willem het ook met ‘n skepskop poging en strafskop geslaag.

Nigel se onoorwonne eerstes het vanaf afskop hul teenstanders met fisieke spel en goeie verdedigingspatroon aangevat. Die tuisspan het uitstekende spel gelewer en veral die groot pak voorspelers van Sasol in toom gehou. Die puntemakers wat George Fritz (2), Rassie Erasmus (1), Reon Bezuidenhout (1), Mandla Mosikidi (1), Rinus Moulder (1) en Willem Labuschagne (1). Adriaan Haasbroek het sewe drieë verdoel om ‘n wentelling van 47-31 te verseker. Die wen het Nigel se eerstes ‘n plek in die semi-finaal van die liga verseker. Vir meer besonderhede oor die volgende wedstryde, skakel Louis Bezuidenhout by 082 335 0853.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button