GalleriesLocal sportSportSports galleries

Foto’s van Suikerbosrand Jeug Rugbydag op 6 Augustus

NIGEL - Suikerbosrand Jeug Rugbyklub was op 6 Augustus gasheer tydens 'n junior rugbydag wat by Hoërskool John Vorster se sportgronde aangebied is.

Die o/9, o/10, o/11, o/12 en o/13-spanne van rugbyklubs soos Brakpan, Springs, Boksburg, Elsburg, Vereeniging, Benoni en Kempton Park kragte het tydens die geleentheid kragte gemeet.

Suikerbosrand se o/11 Bullets het hul wedstryd teen Boksburg met ‘n telling van 7-5 en die wedstryd teen Bobbies met ‘n telling van 29-0 verloor.

Suikerbosrand se o/12 Titans het hul spiere teen Elsburg gebult en die wedstryd met ‘n telling van 36-0 gewen, terwyl die o/13 Tigers ook hul wedstryd teen Benoni met ‘n telling van 10-5 gewen en gelykop teen Springs met ‘n telling van 10 elk gespeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button