NIGEL – Ses dansers van René’s Art of Dancing Academy het beoordeelaars beïndruk by die Solo Danca Latina organisasie se kompetise wat op 26 Julie in Vanderbijlpark gehou is.
Charmoné Jansen van Vuuren (13) het vierdeplek in die junior champ classic-, eersteplek in die junior champ latin- en derdeplek in die junior champ energy –afdelings behaal. Meagan Thompson (13) het eersteplek in die junior champ classic- en vierdeplek in die junior champ latin -afdelings behaal. Angelique Fisher (15) het derdeplek in die classic-, eersteplek in latin- en eersteplek in die energy -afdelings behaal. Geraldine Beytel (16) het eersteplek in die classic en vyfdeplek in die latin -afdeling behaal. Cherise van Zyl (16) het derdeplek in die champ classic-, derde plek in champ latin- en tweede plek in champ energy -afdelings behaal. Abigail Gabrielli (10) het die eersteplek in die classic- behaal, tweedeplek in champ latin- en eersteplek in champ energy -afdelings behaal.



