
Karen Janse van Vuuren is met sewe onderskeidings die top matrikulant van Hoërskool John Vorster. Sy het ‘n droom om ‘n mediese dokter te word. Karen het onderskeidings in Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Besigheidstudies, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Die hardwerkende Vossie sê Fisiese Wetenskappe was haar gunsteling vak. Sy gaan vanjaar praktiese ondervinding opdoen deur die Suid-Afrikaanse Weermag in Pretoria, waarna sy deur ‘n keuringsproses sal gaan voor sy voltyds deur die weermag medies kan studeer.
Volgens Karen het sy nog altyd ‘n passie vir menslike fisiologie en kinders en het tentatief besluit om in pediatrie te spesialiseer.
Karen het aan HERAUT gesê dat sy dankbaar is vir al die onderwysers van Hoërskool John Vorster wat dit vir haar moontlik gemaak het om so goed te presteer.



