
Hoërskool John Vorster se Dux leerder het daarin geslaag om ses onderskeidings in te palm. André Reynders het onderskeidings in Afrikaans, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Rekenaar Toepassingstegnologie behaal. Hy wil ‘n geoktrooieerde rekenmeester word en gaan B.Com Rekeningkunde aan die Universiteit van Potchefstroom se Vereeningkampus studeer.
André het deur sy harde werk ‘n werkskontrak met die gevestigde rekeningkundige firma Deloitte geteken, wat hom ‘n werk verseker vir die eerste drie jaar nadat hy graad behaal het.
“Ek het die grootste lof vir Hoërskool John Vorster vir al die lewenslesse wat ek by hulle geleer het en veral vir die onderwysers vir hul bystand met my skoolwerk”, het André gesê.



