NewsSchools

Vreugde oor matriekuitslae

Dié matrikulante van Hoërskool John Vorster was oorstelp van vreugde oor die goeie resultate wat hulle ontvang het. Die skool het 'n gemiddelde slaagsyfer van 95.9% behaal. Op die foto is Sammy Sabatelli, Stacha Kramer, Derik van Oudtshoorn en André Reynders.

Hoërskool John Vorster se 2014 matriekgroep het altesaam 58 onderskeidings opgelewer. Dit volg na die nasionale bekendstelling van 2014 matriekuitslae op 6 Januarie. Die algehele slaagsyfer het met 1.5% van 97.4% na 95.9% gedaal en 32% van die leerders het met graad-toelating geslaag, terwyl 58% kwalifiseer vir diploma studies.
Die hoof, Mnr Nelis van Dyk het gesê hy is tevrede met die resultate, veral omdat 90% van die leerders kwalifiseer om verder te studeer. Van die toppresteerders is Karen Janse van Vuuren wat met onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Lewenswetenskappe spog, asook André Reynders (Afrikaans – huistaal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Rekenaar Toepassingstegnologie). Joané Nel het onderskeidings in Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Besigheidstudies en Su-Ané Rocher onderskeidings in Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Lewenswetenskappe behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button