
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel sal waarskynlik staan of val by ouers se betrokkenheid by vanjaar se skoolbeheerliggaam verkiesing wat middel Maart gehou sal word. Sowat 300 000 verteenwoordigers word vanjaar tydens die driejaarlikse skoolbeheerliggaam verkiesing verkies. Dit maak dit die enkele grootste demokratiese proses in Suid-Afrika, maar dit blyk egter dat die meeste provinsiale onderwysdepartemente nie die proses ernstig opneem nie, deur óf nie regulasies te publiseer nie óf dit so laat te publiseer dat dit meer verwarring skep as wat dit rigting gee.
“Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) is elke keer betrokke by die proses, gee ná elke verkiesing terugvoering oor probleme, is deel van ‘n nasionale taakspan en nasionale riglyne word gereeld uitgestuur. Onkunde is dus nie ‘n verskoning nie. Provinsies weet al vir 19 jaar lank dat daar elke drie jaar ‘n skoolbeheerliggaam verkiesing is. Dit is dus eerder ‘n geval van laksheid,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van FEDSAS.
In Heidelberg word die beheerliggaam verkiesings op die volgende dae gehou:
Hoër Volkskool se beheerliggaam verkiesing word op 17 Maart om 18:30 in die skoolsaal gehou. Nominasie vorms kan by die kantoor afgehaal word. Die vorms sal ook die aand van die verkiesing van 17:00 tot 18:30 in die skoolsaal beskikbaar wees.
Laer Volkskool se verkiesing word op 12 Maart om 18:15 in die skoolsaal gehou. Nominasievorms is by die kantoor beskikbaar.
Heidelberg Public School’s governing body election will be held on March 11 at 18:30 in the school hall. Nomination forms are available at the school office.
Shalimar Ridge Primary School’s governing body elections will take place on March 11 at 17:00 at the community hall. Nomination forms are available at the school’s office.
Laerskool AG Visser en Mountain View High School se verkiesings het reeds op 10 Maart plaasgevind.
In Nigel sal die beheerliggaam verkiesings op die volgende dae gehou word:
Hoërskool John Vorster se verkiesing word op 12 Maart om 18:00 by die skoolsaal gehou. Nominasievorms is by die skoolkantoor beskikbaar.
Nigel High School’s governing body election will be held on March 12 at 18:00 in the school hall. Nomination forms are available at the school’s office.
Laerskool Tini Vorster het reeds hul verkiesing op 9 Maart gehou. Laerskool Hannes Visagie en Nigel Primary School het reeds hul verkiesings op 10 Maart gehou.



