NewsSchools

Volkies se rugby eerstes klim punteleer na bo

Volkies se eerste rugbyspan maak geskiedenis teen Transvalia EN wen al hul wedstryde sover.

Hoër Volkskool se rugby eerstespan is bo aan die punteleer nadat hulle Hoërskool Oosterlig in die finale wedstryd van die eerste been in die Valke streeksliga op 6 Junie in Boksburg geklop het.
In vorige wedstryde het hulle met opponente soos Hoërskool Hans Moore, Hoërskool Hugenote en Transvalia Hoër afgereken en gaan nou in die tweede been van die liga met die wenners van ander streke kragte meet.

Tydens die Super 15-reeks wat die liga voorafgegaan het, het dié kookwaterspan ook koning gekraai en nie ‘n enkele wedstryd verloor nie.

Tydens die wedstryd teen Hoërskool Transvalia op 30 Mei, het Volkies geskiedenis gemaak toe hulle met ‘n telling van 14-12 gewen het. Dit was die eerste wentelling teen Transvalia in nege jaar. “Dit is merkwaardig, omdat Transvalia ‘n baie groot skool is,” het die afrigter, Mnr Daan Heunis gesê. Indien Volkies al die uitspeelwedstryde wen, sal hulle na die finaal wat na die wintervakansie plaasvind, deurdring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button