NewsSchools

Ontmoet Volkies se nuwe hoof

Ontmoet Mnr Hennie Pieterse en sy gesin.

Hoër Volkskool se nuwe hoof Mnr Hennie Pieterse sal die leisels amptelik op 1 Julie oorneem.

Hy het aan die Universiteit van Potchefstroom studeer, waarna hy sy onderwysloopbaan by sy alma mater in Vanderbijlpark begin het. Hy het Tegniese Tekeninge (Ingenieursgrafika en Ontwerp) as vak aangebied.

Mnr Pieterse het die onderwys vir ‘n wyle gegroet en vir vier jaar as professionele rugbyspeler vir die Valke, Griffons en Luiperds uitgedraf.

Mnr Pieterse word in 2011 tot hoof van HTS Pretoria Tuine bevorder en was die laaste twee jaar die hoof van Hoërskool Harrismith. Onder sy afrigterskap het dié skool se rugby eerstespan vanjaar al hul liga wedstryde gewen. Hoërskool Harrismith se matrieks van 2014 het met ‘n 100% slaagsyfer gespog en vele verbeterings aan die skool se infrastruktuur is die afgelope twee jaar aangebring.

Volgens Hoërskool Harrismith se beheerliggaam voorsitter is die skool se dissipline (onder leiding van Mnr Pieterse) uitnemend en is hy ‘n hoof wat met toewyding, passie en harde werk sy taak verrig.

Mnr Pieterse se vrou Michelle was die departementshoof van Wetenskappe by Hoërskool Harrismith. Die egpaar het twee kinders, Michael (11) en Su-rita (7).

Mnr Pieterse sê hy en sy gesin sien daarna uit om as Volkies deel van Heidelberg se gemeenskap te word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button