NewsSchools

Volkies se eerstes wen liga, deur na Beeld-trofee

Hoër Volkskool Heidelberg se rugby eerstespan het ‘n agt jaar wendroogte gebreek toe hulle in die Valke finaal teen Hoërskool Hugenote te staan gekom het.

Die wedstryd het op 25 Julie by die Isak Steyl Stadion in Vanderbiljpark plaasgevind en Volkskool se oorwinning van 21-14 het hulle ‘n plek in die kwart-finaal van die Beeld-reeks besorg.

Die puntemakers tydens die wedstryd was Brendon Strydom (1) en Jan Kotze (1). Jan het ook een drie verdoel en met drie strafskoppe geslaag.

Die laaste keer dat Volkies se rugby eerstespan ‘n liga gewen het, was in 2007.

Hulle lê tans 33ste op die nasionale ranglys van top 50 skole.

Die eerstespan-spelers is Eugene de Waal, Ds Danie Fourie (afrigter), Willie de Klerk (kapt), Ettienne MacDonald (o/kapt), Daan Heunes (afrigter), Bongi Ntuli, Alton Palmer, Duan Tromp, Marno van Niekerk, Brendon Strydom, Arno Grobler, Johann Smit, Corné Breytenbach, Dylan Allan, Brazer Erasmus, Tiaan Heynz, Jan Kotze, Hero Rossouw, Albert Brits, Marqus Maritz, Steven Louw, Divan Uys, Chris Opperman, Donovan Strydom, Ruan van Rensburg en Charl Arndt. Hulle speel op 1 Augustus tuis in die Beeld kwart eindronde, maar dit is nog nie bekend wie hul teenstanders in dié kragmeting is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button