NewsSchools

Moenie Volkies revue misloop nie

Kry jou kaartjie nou vir Hoër Volkskool se revue wat volgende week afskop.

Hoër Volkskool is vanjaar 100 jaar oud en die skool beplan ‘n revue uit die boonste rakke. Die revue spreek verskillende dekades oor die afgelope 100 jaar aan en volgens Mev Margaret du Plessis (organiseerder) gaan die dekor die gehoor se asems wegslaan. Sy lê klem daarop dat die dekor uit herwinbare materiaal of items uit die skool se store gebruik en vernuwe is. Die revue begin op 4 Augustus om 15:00 vir pensioenarisse en voorskoolse kinders. Die res van die week (5,6 en 7 Augustus) begin dit om 19:00 en die week word afgesluit met ‘n gala aand op 8 Augustus om 18:30. Kaartjies is R50 per persoon en kaartjies vir die gala aand is R250 per persoon en sluit ‘n driegang maaltyd in. Die revue word in die skoolsaal aangebied en kaartjies kan by die kantoor by 016 341 3165 bespreek word. Hier wys Elouise du Plessis, Laetitia Wagner en Jannes Swart wat op inwoners wag.1

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button