Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Plaasdamme droog op weens knellende droogte

NIGEL - Lede van Nigel Community on Patrol (NCOP) het op 12 November meer as 200 vis uit ‘n opgedroogde plaasdam gered deur hulle in skepnette te vang en na ‘n groter dam te verskuif.

Boere landwyd gaan erg gebuk onder ‘n knellende droogte wat by tye met ‘n weeklange hittegolf gepaardgaan.Terwyl verskeie woongebiede in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit se krane intussen weens probleme met opgaardamme opgedroog het, wek opgedroogde plaasdamme ook groot kommer onder plaaslike boere.

HERAUT het op 12 November met Renier Naude, ‘n boer van Rietkuil buite die dorp, oor die situasie op sy plaas gesels. “Al wat van die twee hektaar dam oorgebly het, is ‘n modderpoel met honderde babers wat om lewe spartel. Vier jaar gelede was dit ‘n soortgelyke situasie, maar hierdie is die droogste wat die dam nóg was,” het hy gesê.

Renier het verduidelik dat hy nie ‘n produserende boer is wat water vir besproeiingdoeleindes benodig nie en dat hy boorgatwater in die huis en vir sy plaasdiere gebruik. Hy is egter onseker oor hoe lank die boorgat nog water sal voorsien en sê dat hy, soos die res van die bevolking, bid vir reën.

IMG_8270 (Custom)
Nadat ‘n plaaslike boer bystand gevra het, het lede van NCOP moue opgerol en honderde babers van ‘n gewisse dood uit ‘n opgedroogde plaasdam gered. Renier Naude se plaasdam van twee hektaar het weens die knellende droogte opgedroog en die vis het om lewe gespartel.
Nadat die vis met skepnette uit die modderpoel gevang is, is hulle in ‘n groter dam elders vrygelaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button