Local news

Skud vere reg vir SAVF Suikerbosoord se jaareindfunksie

Die jaareindfunksie van die SAVF Suikerbosoord sal 'n bekende gasspreker, 'n ligte middagete en geselligheid bied.

Die SAVF Suikerbosoord bied op 13 November ’n jaareindfunksie aan by die oord in Freemanstraat 2, vanaf 10:00. Germandt Geldenhuys, wat as Louis in Binnelanders bekend is, tree as gasspreker op.

’n Ligte middagete is by die funksie ingesluit. Kaartjies kos R100 per persoon vir inwoners en R150 per persoon vir gaste.

Kaartjies moet voor 6 November by die kantoor bespreek word. Skakel 016 349 5180.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button