Graad 6-leerder Johannie van der Merwe is met verskeie trofeë vir haar uitmuntende akademiese prestasie deur die jaar beloon. Sy is aangewys as beste presteerder in Afrikaans, Natuurwetenskap, Sosiale Wetenskap en Lewensvaardigheid.

Graad 6-leerder Wessel Prinsloo is as beste krieketspeler van die jaar aangewys. Hy het ook die 2015 kriekettrofee ontvang.
Tweeling Pieter en Anli Fourie het ook verskeie trofeë ontvang. Pieter wat as 2016 hoofseun aangewys is, is vir akademiese prestasie, twee jaar getroue skoolbesoek en sport- en kultuurdeelname beloon, terwyl Anli erekleure vir akademiese- en sportprestasies behaal het, Anli, wat as 2016 hoofmeisie aangewys is, deel ook die trofee vir beste netbalspeler van die jaar met Bianca Erasmus.
Laerskool Hannes Visagie se hoofmeisie Bianca Erasmus het verskeie toekennings en trofeë ontvang. As dux leerder was sy die beste akademiese presteerder in Afrikaans, Engels, Natuurwetenskap, Sosiale Wetenskap en Tegnologie en het sy ook erekleure vir sport (atletiek, hokkie en netbal en kultuur (koor en redenaars) ontvang.

Elandia Marais (links agter) is as sportmeisie van die jaar aangewys, terwyl Doné Harris as beste vakpresteerder in Kuns en Kultuur en Ekonomiese Bestuurswese aangewys is. Ruan Barnard (links, voor) het ‘n toekenning vir sewe jaar getroue skoolbesoek ontvang, terwyl Derik Pieterse die kultuurskild ontvang het. Izak van der Merwe het die Graad 7 Wiskunde vaktoekenningstrofee ontvang.





