
Hoër Volkskool het dit weer reggekry. Volkies spog met sewe matriekleerders met sewe onderskeidings elk, een leerder met ses onderskeidings, een met vyf onderskeidings, vyf met vier onderskeidings, ses met drie onderskeidings, sewe met twee onderskeidings en 30 met een onderskeiding elk.
Jianie van Niekerk is die skool se nommer een leerder met ‘n gemiddeld van 92.9%. Kort op haar hakke is Marina Joubert met 92.6%. Jianie se tweelingsussie Taryn is in derdeplek met 92.3%.
Ander leerders wat met sewe onderskeidings spog is Monique Bester, Daniel Fourie, Prieur du Plessis en Paul Bester. Michelle Daffue het ses onderskeidings en het ‘n sewende met 1% gemis. Juanika Moolman het vyf onderskeidings.
Volkies het ‘n 99.48% slaagsyfer en die hoof Mnr Hennie Pieterse is in die wolke oor die matrieks se uitsonderlike prestasie.
Sedibeng Oos (waarvan Volkskool deel is) het die beste slaagsyfer in die land.





