Selfs ‘n harde bui reën kon voornemende sportmanne- en vroue nie keer om van die vorige jaar se rekords te verbeter nie.
Elandia Marais het ‘n nuwe rekord in die meisies o/14 300m hekkies item met ‘n tyd van 54,13s opgestel. Nadia Jordaan was kort op haar hakke in tweedeplek en het ook die vorige rekord verbeter. Fourie Rootman het ook ‘n bestaande rekord verbeter toe hy die seuns o/14 300m hekkies item met ‘n tyd van 49,78s gewen het.
Graad 8-tweeling Zanté en Zuré Kotze het hul talent by die velditems gewys. Zanté het die meisies o/14 gewigstoot rekord met ‘n nuwe afstand van 10,57m verbeter, terwyl Zuré die meisies o/14 skyfwerp item gemaklik gewen het met ‘n nuwe rekord en afstand van 21,97m.
Elandia Marais was ook die eerste atleet wat in die skool se geskiedenis aan die meisies o/15 driesprong item deelgeneem het. Sy het die item met ‘n nuwe rekord gewen en haar afstand was 8,43m.
In die seuns o/16 verspring item het Jason Erasmus (foto bo) ‘n afstand van 5,42m gespring en daarmee die item gewen en die vorige rekord verbeter. Jason het ook eersteplek in die seuns o/16 110m hekkies, seuns o/16 100m en 200m naellope en die seuns o/16 400m behaal.
Maritza Maritz het eersteplek in die meisies o/16 verspring, hekkies, 200m, 100m, 400m, 800m en 1500m behaal.
Van die items kon egter weens die weer nie afgehandel word nie en was gevolglik uitgestel. Die junior en senior Victor en Victrix Ludorum atlete sal later bekendgemaak word.
Zanté en Zuré Kotze, Hoërskool John Vorster se Graad 8-tweeling, het onderskeidelik eersteplek in die meisies o/14 gewigstoot en meisies o/14 skyfwerp items behaal. Zanté het die gewigstoot rekord met ‘n nuwe afstand van 10,57m verbeter, terwyl Zuré ‘n afstand van 21,97m in die skryfwerp items gegooi het.

Elandia Marais (links) en Nadia Jordaan in aksie tydens die meisies o/14 100m item by Hoërskool John Vorster se interhuis byeenkoms. Elandia en Nadia het albei die meisies o/14 300m hekkies rekord verbeter.




