Local newsMunicipalNewsBreaking News

AfriForum stig tak in Nigel

NIGEL - Swak dienslewering, munisipale wanbestuur, veiligheidskwessies en verskeie omgewingsake het tot die takstigting van Nigel AfriForum bygedra.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

“’n Plaaslike AfriForum-tak sal aan die gemeenskap toegang gee tot regsverteenwoordiging en kundigheid met betrekking tot plaaslikeregeringsake,” het Ian Cameron (hoof van AfriForum gemeenskapsveiligheid) tydens die vergadering wat op 28 Januarie by die Kenmekaar Dienssentrum aangebied is, verduidelik.

Die vergadering is deur AfriForum afgevaardigdes Ian Cameron, Lambert de Klerk en Charles Castle gelei.

IMG_9364 (Custom)

Die behoefte aan ’n plaaslike tak het ontstaan nadat knellende kwessies soos die kanaal, verval van Nigel Stadsaal, straatligte wat nie werk nie, slaggate en algehele gebrek aan instandhouding nie na wense deur Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) aangespreek word nie.

AfriForum se betrokkenheid sal meebring dat die gemeenskap oor die kapasiteit beskik om dié kwessies en vele ander sake met die kundigheid van AfriForum aan te pak in die strewe om die dorp tot sy eertydse glorie te herstel.

AfriForum het egter stemme en die gemeenskap se ondersteuning nodig om munisipale kwessies en omgewingsake doeltreffend aan te pak.

Tydens die takstigstingvergadering is ‘n takbestuur gekies wat as eerste taak ’n wenslys sal opstel wat in samewerking met AfriForum afgevaardigdes met die munisipale bestuur, provinsiale regering en polisiebestuur bespreek gaan word. Die bestuur bestaan uit Neels Toerien (voorsitter), George Enslin (vise-voorsitter), Karen Bothma (sekretaresse), Rod Watson (penningmeester) en Frans Peens, Neels van der Westhuizen, JJ Kritzinger, Joni Peens en Tjaard Swanepoel as addisionele lede.

Vir meer besonderhede of aansluiting, skakel AfriForum by 086 10 200 30 of Neels Toerien by 072 361 8764.

Besoek ook gerus hul webwerf vir meer inligting.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button