Local newsMunicipalNewsBreaking News

AfriForum Nigel bied aan: kom maak jou dorp skoon-veldtog

NIGEL - Kom maak jou dorp skoon veldtog word beplan deur AfriFoum Nigel tak vir Maart 2016.

Sluit aan by AfriForum Nigel en word deel van die grootste Burgerlike organisasie in die land wat veg vir die behoud van Afrikaans, Terugbring van Christus in ons skole, stry teen swak dienslewering deur die munisipaliteite en Metro”s en vele ander sake.
Projekte vir die nabye toekoms sluit in: Skoonmaak en verf van lokomotief by Shoprite, Skoonmaak en herstel van die kanaal, Stadsaal moet reg,(volgens berig in Heraut van 10 Februarie 2016 sal die restourasie van die stadsaal sal klaar wees teen einde Maart maar daar is versuim om te sĂȘ watter jaar en wanneer die stadsaal weer oopgestel sal word).

Straatligte van 18 strate wat uit is waarvan sommige so lank as drie maande terug raporteer is volgens inwoners. Ander projekte sal met tyd bekend gemaak word.

RAAK BETROKKE EN WEES TROTS OP JOU DORP.

AfriForum is die Burgeregte organisasie wat werk vir jou. Sluit nou aan en word deel van die wenspan. SELFDOEN IS BETER AS NIKSDOEN.

Vir navrae, skakel Neels Toerien by 072 361 8764.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button