Local newsMunicipalNewsBreaking News
Alraparkers kan laat waai – swembad se water wag!
NIGEL - Alraparkers kan weer na hartelus in die soel water van Alrapark Swembad baljaar.

Dit nadat filtrasieprobleme die swembad se hekke sedert September gesluit gehou het.
Tydens HERAUT se besoek aan die swembad op 25 Februarie was die water kristalhelder met geen teken van die vorige probleme nie en twee bekwame lewensredders was op hul pos om ‘n oog oor die waterpret te hou. Daar was ook ‘n sekuriteitswag teenwoordig en dit lyk of Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) sy belofte om die swembad so gou moontlik vir publieke gebruik oop te stel, gestand gedoen het.
Voorlopig is die swembadure Dinsdae tot Sondae vanaf 10:00 tot 17:45, maar ‘n kennisgewingbord met die amptelike ure word binnekort opgerig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





