Local newsNewsBreaking News

Nuwe voorkoms vir Nigel Poskantoor

NIGEL - Sedert beriggewing in HERAUT oor die toestand van Nigel Poskantoor se tuine (3 Februarie), het ‘n barmhartige samaritaan na vore getree en aangebied om die perseel maandeliks op eie onkoste skoon te maak.

Liezel Pieterse is die eienaar van ‘n plaaslike tuindienste onderneming en het op 25 Februarie daad by woord gevoeg en haar span van vyf werkers gestuur om aan die werk te spring, terwyl sy en haar pa Danie de Beer ‘n oog oor die proses hou. Sommer vining was die gras kort gesny, beddings omgespit en selfs die onkruid op die sypaadjies verwyder. Dit het ‘n nuwe voorkoms aan die poskantoor verleen.

IMG_9546 (Custom)

Laetitia Blom en Jan Baasden, (die twee personeellede wat op 27 Januarie self ingespring het om die tuine skoon te maak), het hul dank teenoor Liezel, Danie en hul span uitgespreek.

Liezel Pieterse en Danie de Beer met hul span tuinwerkers by Laetitia Blom en Jan Baasden van Nigel Poskantoor. Liezel is die eienaar van ‘n tuindienste onderneming en het aangebied om die perseel eenkeer ‘n maand op eie onkoste skoon te maak.

 

IMG_9550 (Custom)

Liezel se tuinwerkers het in ‘n japtrap die gras kort gesny, beddings omgespit en selfs onkruid op die sypaadjies verwyder om ‘n nuwe voorkoms aan Nigel Poskantoor te verleen.

Related Articles

 
Back to top button