CrimeLocal newsNews

WAARSKUWING: Wees versigting by OTM’s in Nigel

NIGEL - Inwoners word gemaan om versigtigheid aan die dag te lê wanneer enige van die outomatiese tellermasjiene in die dorp besoek word om geld te trek.

Volgens polisiewoordvoerder, A/O Madeleine von Wielligh is skelms deesdae weer aktief besig om mense uit hul geld te bedrieg.

Tydens ‘n voorval by een van die ABSA OTM’s vanoggend, is ‘n man op ‘n slinkse wyse van sy kaart beroof en ‘n bedrag van R1 000 kwyt. Die man het sy bankkaart in die gleuf gedruk en sy persoonlike pinnommer ingesleutel, maar ‘n boodskap op die skerm het aangedui dat hy die verkeerde pin ingevoer het en die kaart het binne die tellermasjien agtergebly.

Die bankkaart is egter verwyder terwyl sy aandag deur twee ander mans in sy nabye omtrek aftrek is en minute later is ‘n bedrag van R1 000 elders in die dorp uit sy rekening getrek.

Die polisie waarsku inwoners om indien moontlik, nooit die OTM alleen te besoek nie. Indien jy wel alleen is, maak seker dat jy die sleutelbord bedek wanneer jy jou pinnommer insteutel. Moenie hulp van ander persone in die omtrek vra of aanvaar nie en maak dadelik alarm indien jy onraad bemerk.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button