CrimeLocal newsNewsBreaking News

Middeljarige egpaar op kleinhoewe buite Nigel oorval, beroof

NIGEL - ‘n Egpaar in hul middeljare is op 9 Maart op hul kleinhoewe by Holgatfontein deur ‘n groep mans oorval en beroof. Die voorval het omstreeks 16:20 plaasgevind.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG IN DIE WEEK SE HERAUT

Volgens A/O Grobler van Nigel SAPD het die ploteienaar pas van die dorp af teruggekeer en by ‘n waterpomp stilgehou.

‘n Onbekende man het in sy rigting gehardloop en skielik ‘n wapen op hom gerig. Hy het geld geëis en die ploteienaar beveel om huis toe te ry.

By die huis het nog vyf mans by hulle aangesluit en hulle het die ploteienaar se vrou in die sitkamer oorval. Sy is aan die hare van die bank afgeruk terwyl haar man se hande vasgebind is. Die rowers het ‘n tablet, selfoon en navigasietoestel gegryp en op geld aangedring.

Intussen het ‘n plaaswerker elders op die kleinhoewe, weggehardloop en dit het die rowers se aandag vermoedelik afgetrek. Hulle het in ‘n wit bakkie gevlug.

Hoewel die egpaar ongedeerd is, is hulle erg getraumatiseer. Die verdagtes is nog nie aangekeer nie en ‘n saak van huisroof word deur Nigel SAPD ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button