CrimeLocal newsNews

Borg geweier vir vyf wat Pep beroof

NIGEL - Die vyf mans wat op 11 Februarie na ‘n gewapende roof by Pep Stores in The Angelo Mall vasgetrek is, het op 30 Maart op ‘n borgaansoek in Nigel Strafhof verskyn.

 

Die beskuldigdes se borgaansoek is van die hand gewys en die saak is tot 27 Mei uitgestel, hangende verdere ondersoek deur die polisie na talle ander voorvalle van gewapende roof waarmee die beskuldigdes verbind word.

Vervolging en die verhoor in die saak sal mettertyd in Nigel Streekshof voortgesit word.

 

PIENAAR-EGPAAR MOORD:

In ‘n ander aangeleentheid het die 21-jarige man wat van moord op die Pienaar-egpaar (Dubbelmoord ruk Nigel gemeenskap, 23 Maart) beskuldig word, ook op 30 Maart in die strafhof verskyn.

Die beskuldigde het regshulp versoek en die saak is tot 15 April uitgestel.

Allan en Chrissie Pienaar tydens is op 19 Maart by hul huis in Leedslaan Nigel oorval en vermoor. 'n 21-Jarige man is deur die polisie aangekeer.
Allan en Chrissie Pienaar tydens is op 19 Maart by hul huis in Leedslaan Nigel oorval en vermoor. ‘n 21-Jarige man is deur die polisie aangekeer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button