Local newsMunicipalNews

Onthou om vir nasionale munisipale verkiesing te registreer

HEIDELBERG/NIGEL - Die finale kiesersregistrasie naweek is op 9 en 10 April en inwoners moet seker maak dat hul name op die kiesersrol is.

Dit is veral noodsaaklik nadat ‘n paar veranderings aan die wyke in Heidelberg aangebring is en kiesers moet herregistreer. Inwoners van die Kloof val nou in Overkruin se kiesafdeling en gedeeltes van plase in Wyk 6 val nou onder Wyk 11.

Die lokale bly dieselfde, behalwe in Rensburg sal inwoners nou by die PPK kerksaal op die hoek van AG Visser- en Lovedaystraat kan registreer.

Indien iemand wil seker maak dat hy geregistreer is, kan sy ID nommer tot en met die aankondiging van die verkiesingsdatum na 32810 gesms word.

Kiesers kan ook die onafhanklike verkiesingskomitee (IEC)-kantore by Heidelberg Stadsaal of die munisipale kantore in Hendrik Verwoerdstraat, Nigel (vanaf Maandag tot Vrydag) om hulp nader. Dié kantore sal kiesers tot die dag wat die verkiesingsdatum aangekondig word, van hulp wees.

Kiesers kan nou reeds die IEC-kantore vir registrasie besoek en hoef nie tot die naweek te wag nie of skakel hulle by 016 492 0066 (Heidelberg) of 011 999 9245 (Nigel).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button