CrimeLocal newsNewsBreaking News

Nigel se bekende bokkiepark brand!

NIGEL - Nigel asook Duduza Brandweer is ontbied nadat ‘n veldbrand in die Wildspark aangrensend Laerskool Hannes Visagie uitgebreek het.

Dit is nie bekend hoe die veldbrand ontstaan het nie, maar tientalle wild soos Zebra’s, voltruise, gemsbokke, meerkatte en ganse is deur die vlamme vasgekeer. ‘n Groot gedeelte van die grasveld wat ook as weiding vir die diere dien, is reeds deur die brand vernietig. Brandblussers en lede van die gemeenskap het kragte gesmee om die vlamme te blus en daar word steeds ‘n beroep gedoen op vrywilligers om te help om die vlamme te blus. Hulle benodig dringend water en slaansakke.

IMG_0700 (Custom) IMG_0706 (Custom) IMG_0718 (Custom) IMG_0741 (Custom) IMG_0751 (Custom)

 

Die skade wat deur die brand veroorsaak is, is nog nie bekend nie.

Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button