Pypslapers moet weg, eis inwoners
NIGEL - ‘n Stormwaterpyp in Noordstraat is die blyplek van Nigel se hawelose pypslapers.
LEES MEER IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT
Die ontdekking volg nadat ‘n pendelaar op pad huis toe by ‘n oop stormwaterpyp in die veld by Noordstraat ingekyk en opgemerk het dat daar mense slaap.
In samewerking met Natie Steenkamp van Nigel GPF en lede van Nigel Metropolisie het HERAUT op 13 Julie ondersoek ingestel. Komberse, leë drankbottels, kartonhouers, sigaretstompies (tekens van dwelmmisbruik), menslike afval, rommel en oorblyfsels van mensgemaakte vure is oral gevind, maar daar was geen teken van die pypslapers nie.
Inwoners van Noordstraat sê behalwe dat dit ‘n higiëne-gevaar inhou, laat die pypslapers hulle onveilig voel.
“Ek dink die afvoerpype word na huisbrake as skuilplek gebruik. Wie sou kon dink om ‘n booswig in ‘n pyp te gaan soek,” het een inwoner wat anoniem wil bly, gesê.
In reaksie het Superintendent Naden Muthayan van Nigel Metropolisie gesê Nigel Department van Gesondheid sal betrek word om die probleem aan te spreek.
Die plek van die pypslapers in Noordstraat. ‘n Pendelaar het een middag op pad huis toe, toevallig by die stormwaterpyp afgekyk en gesien dat dit bewoon word. Hier is lede van Nigel Metropolisie en Natie Steenkamp van Nigel GPF besig om ondersoek in te stel.

Dit is nie duidelik hoeveel persone in die afvoerpyp naby Noordstraat slaap nie, maar volgens Superintendent Naden Muthayan van Nigel Metropolisie, moet alternatiewe skuiling aan hawelose persone voorsien word wanneer hulle uit ‘n onwettige nedersetting of struktuur verwyder word.







