Speelpark in Kingsweg (Nigel) vir oud en jonk opgeknap
NIGEL - Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het onlangs die speelpark in Kingsweg opgeknap en dit boonop met nuwe apparaat toegerus.

Deesdae lok die opgeknapte park met sy helderkleurige apparatuur menige besoeker.
Behalwe vir die gewone klim-en-klouterrame, kettingswaaie, skoppelmaaie en wipplanke, bied die park ook nou ‘n reeks apparaat vir oefengeesdriftiges en spiertiere wat nie die fooie van ‘n gimnasium kan bekostig nie.
“Munisipale speelparke regoor Ekurhuleni het die afgelope paar jaar sy aantrekkingskrag weens verwaarlosing verloor. Daarom was dit noodsaaklik dat die munisipaliteit hulle weer opknap. Die doel van die nuwe apparaat is om beweeglikheid, aktiwiteit en sportdeelname onder die jeug te bevorder,” het DA raadslid Wally Labuschagne ‘n lansie vir EMM gebreek.

Kingsway park langs Nigel munisipale swembad is onlangs deur Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit opgeknap en met nuwe apparaat toegerus.

Deesdae lok die opgeknapte park met sy helderkleurige apparatuur menige besoeker. Behalwe vir die gewone klim-en-klouterrame, kettingswaaie, skoppelmaaie en wipplanke, bied die park ook nou ‘n reeks sportapparaat vir oefengeesdriftiges wat moontlik nie die fooie van ‘n gimnasium kan bekostig nie.

Laerskoolleerders besoek die park gereeld en nuwe apparaat maak voorsiening dat kinders wat byvoorbeeld lae spiertonus het, stimulasie deur die nuwe apparaat vind.




