Local newsMunicipalNews

2016 Munisipale verkiesing: alles wat jy moet weet om te stem

NIGEL/HEIDELBERG - Die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings van 2016 vind vanaf 1 tot 3 Augustus in alle distrikte en plaaslike munisipaliteite van al nege van die land se provinsies plaas.

Dit is op 6 April amptelik bekendgemaak en afgekondig. Munisipale verkiesings word elke vyf jaar gehou waarvan die vorige munisipale verkiesings in 2011 plaasgevind het.

Die 2016 munisipale verkiesings sal die lede van die distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipale rade verkies, wat op hulle beurt die burgemeesters van die munisipaliteite sal verkies. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het op 5 Julie begin om stembriewe te druk en aangedui dat ’n rekordgetal van 200 politieke partye en meer as 61 000 kandidate landwyd sal meeding.

Die OVK beplan om ongeveer 80 miljoen stembriewe te druk en elkeen word met ‘n unieke kode uitgereik. Kiesers moet dus seker maak dat stembriewe agterop gestempel is.

Geregistreerde kiesers word herinner dat spesiale stemme op 1 en 2 Augustus plaasvind, terwyl die normale verkiesing vanaf 07:00 tot 19:00 op 3 Augustus sal plaasvind.

Hoe om in die opkomende verkiesing te stem:
* vind die betrokke stemlokaal waar jy geregistreer het;

* toon bewys van ‘n geldige identifikasiedokument by die ingang van die stemlokaal;

* bevestig of jou naam op die kieserslys is;

* ontvang jou TWEE stembriewe en beweeg na die eerste beskikbare stemstasie. Kiesers in metro munisipaliteite moet twee stembriewe voltooi waarvan een die name van die genomineerde raadslid kandidate in die betrokke wyk bevat en die ander ‘n lys van politieke party byvoorbeeld Demokratiese Alliansie (DA), African National Congress (ANC), Economic Freedom Fighters (EFF) en Vryheidsfront Plus om ‘n paar te noem;

* merk jou keuse op beide stembriewe duidelik met ‘n X en plaas dit in die houers wat deur OVK beamptes aangewys word;

* maak seker van jou privaatheid tydens die stemproses en moenie toelaat dat enige persoon jou intimideer nie of uitvra oor jou stemkeuse nie.
Kiesers wat meer inligting verlang kan die OVK op verskeie maniere kontak.

* Nasionale kantoor: 012 622 5700 of faksnommer: 012 622 5784;

* SMS jou ID-nommer na 32810 om na te gaan of en waar jy geregistreer is;

* OVK-kontaksentrum: 0800 11 8000 (gedurende die verkiesing), of besoek gerus hul webwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button