Nigel Stadsaal dalk binnekort oop vir publiek
NIGEL - Weens gebrekkige instandhouding en verval was Nigel Stadsaal was vir etlike jare vir die publiek gesluit.

LEES MEER HIEROOR IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT
HERAUT het in Januarie berig hoe die eens sierlike gebou wat oor die jare duisende besoekers ontvang en destyds as munisipale raadsaal gedien het, bykans tot die laaste baksteen van sy eer gestroop is en die teiken van diewe en vandale geword het.
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het intussen sy belofte om dié historiese gebou tot sy vorige eer te herstel, gestand gedoen en kontrakteurs vir die herstel- en opknappingswerk aangestel.
Herstelwerk binne die gebou reeds sowat 80% voltooi en word daar deesdae voltyds aan die kragaanleg gewerk. Behalwe vir beveiliging en herstelwerk aan die gebou self, word die stadsaal ook omhein om booswigte uit te hou.
HERAUT is in afwagting op amptelike bevestiging van EMM se woordvoerder, maar na verwagting behoort die stadsaal teen Januarie 2017 vir publieke gebruik beskikbaar te wees..

