CrimeLocal newsNewsBreaking News

UPDATE: 3 Vrou en 13-jarige meisie sterf in Dunnottar huisbrand

NIGEL - Vier mense, waaronder ‘n 13-jarige leerder van Laerskool Hannes Visagie, is dood na ‘n huisbrand in Dunnottar.

Volgens polisiewoordvoerder A/O Tommie Tomlinson, het die brand omstreeks 02:00 op 7 Augustus (vermoedelik weens ‘n gasbottel wat ontplof het) ontstaan, en het die vier persone weens rookinaseming gesterf.

Een persoon (‘n bejaarde vrou) het die brand oorleef, maar verkeer in ‘n bedenklike toestand in Pholosong Hospitaal.

Dit is nog nie bekend presies hoe die brand ontstaan het nie, maar volgens die bure het hulle omstreeks 20:00 twee vroue in ‘n ernstige woordewisseling gehoor en die polisie ontbied. Lede van Dunnottar Polisiestasie het ondersoek ingestel en die argument tussen twee vroue ontlont.

Hier is ‘n videogreep van die huis waar vier persone weens rookinaseming gesterf het. Rook syfer steeds deur die smeulende gebou se dak: https://youtu.be/TQiqPDqMipE

Die oorkantste bure het aan HERAUT gesê dat hulle omstreeks 02:00 deur ‘n geraas gewek is en na buite gegaan het om ondersoek in te stel, waarop hulle gesien het die huis aan die oorkant is in vlamme gehul.

Ondanks alle pogings kon reddingswerkers nie daarin slaag om Yolandi de Villiers (35), die 13-jarige Susan de Villiers, Helen Bushny (31) en Catherine Deysel (34) te red nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Die enigste oorlewende, Izelle Deysel, is per ambulans na Pholosong Hospitaal geneem, waar sy vir rookinaseming behandel en weer op 7 Augustus ontslaan is. Begrafnisreëlings van die oorledenes was teen druktyd nie bekend nie. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek na die oorsaak van die brand geloods.
Die hoof, beheerliggaam en leerders van Laerskool Hannes Visagie het hul medelye teenoor die De Villiers familie uitgespreek. Susan was ‘n Graad 7-leerder aan die skool. Sy word deur haar pa Gert en ‘n ouer broer oorleef.

IMG_1177 - Copy IMG_1180 - Copy IMG_1186

“Dit was net vlamme waar jy kyk en rook het by die voorste gedeelte uitgeborrel,” het die buurvrou gesê.

Hulle het dadelik Dunnottar SAPD en Duduza Nooddienste ontbied.

 

IMG_1189 IMG_1190 IMG_1191 IMG_1192 IMG_1193 IMG_1194

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geloods en die ondersoek duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button