NewsSchools

Vossies verwelkom nuwe hoof en groet Me Nolte

NIGEL - Onderwysers en leerders van Hoërskool John Vorster het op 1 September hul nuwe hoof amptelik verwelkom.

Mnr Jan Nienaber is egter nie ‘n onbekende gesig in Vossie-midde nie. Hy het immers die skool se tegniese afdeling in 1990 gevestig en was ‘n tegniese onderwyser tot April 1999 toe hy ‘n pos as adjunkhoof by Hoërskool Rhodesfield in Kempton Park aanvaar het.

Mnr Nienaber het in 1983 as ambagsman gekwalifiseer en sy vakmanskap as passer en draaier by Iskor voltooi, waarna hy sy hand aan onderwys gewaag het. Hy het ‘n nasionale tegniese diploma in HOD Tegnika aan die Universiteit van Potchefstroom behaal en later ‘n honneursgraad (BED Hons) in onderwysbestuur. Gedurende 1984 het hy as onderwyser by die tegniese skool, Hoërskool Hans Moore in Benoni ingeval en gedurende 1985 na Hoërskool Rhodesfield geskuif. Hy was vir nege jaar sedert 1990 aan die stuur van Hoërskool John Vorster se tegniese afdeling voor hy ‘n pos as adjunkhoof by Hoërskool Rhodesfield aanvaar het.

Mnr Nienaber is ‘n gesinsman en twee van sy kinders, Laura-Lee Pistorius en Win-Ellen onderrig ook tans by Hoërskool John Vorster. Sy ander dogters Janie-Marie gee onderwys in die Midde Ooste en Jesse-Jay is ‘n bioloog van beroep.

Sy visie vir die skool is om plaaslike talent te behou. “Ek wil graag sien dat leerders wat in Nigel woon, hier skoolgaan en nie in buurdorpe nie. Wat my betref word ‘n skool se prestasie nie aan sport alleen gekenmerk nie. Akademiese prestasie is hoog op my prioriteitslys en ek wil my graag eerstens op vanjaar se Graad 12-uitslae toespits,” het hy gesê en bygevoeg dat hy opgewonde is oor die nuwe uitdaging wat voorlê.

Dit was egter ook ‘n hartseer dag vir leerders en onderwysers, aangesien Me Barbara Nolte die tuig na 33 jaar neergelê het.

EINDE VAN ‘N ERA VIR ME BARBARA NOLTE

IMG-20160831-WA0003 (Custom) ME NOLTE (Custom)

Me Nolte het haar loopbaan by Hoërskool John Vorster as Duits onderwyser begin, is later as departementshoof, onderhoof en toe waarnemende hoof aangestel. Sy het die volgende boodskap by haar afskeid gelewer:

“Aan al die Vossies, onderwysers, ouers en die gemeenskap – dankie vir die voorreg wat ek gehad het om 33 jaar lank deel te kon wees van Vossieland.

To be a teacher and to teach had always been and will always be my passion in Life. Niks is meer vervullend as om jongmense te help vorm en inspireer nie. Ons werk immers met God se koninkryk. Ek groet Vossieland met ‘n totsiens en nie vaarwel nie. Always remember: You are as good as your last performance. As elkeen in Vossieland sy/haar kant bring om saam te volhard in alles wat gedoen moet word, dan sal julle saam oorwin! Geluk aan Mnr Nienaber met die aanstelling as hoof. Ek wens hom sterkte toe met die pad vorentoe.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button