Local newsNews

Goeiehoop VLU trakteer bejaardes

HEIDELBERG - Ongeveer 170 gaste is op 14 Oktober by Goeiehoop VLU se jaarlikse lentetee wat by Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes aangebied is, trakteer.

Die lentetee vorm deel van die tak se vele gemeenskapsprojekte en het ook ‘n kontant donasie van R5000 aan die sentrum ingesluit. Die bestuurder van die oord, John McLintock, het die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen, waarna Lizette Pretorius VLU lede vir hul harde werk tydens die versiering van die teetafels en bak van die koekies bedank het.

IMG_2632 (Custom) IMG_2634 (Custom) IMG_2635 (Custom) IMG_2636 (Custom) IMG_2637 (Custom) IMG_2638 (Custom) IMG_2640 (Custom) IMG_2641 (Custom)

Die lentetee is met ‘n konsertopvoering deur Pienkie Ponkie Kleuterskool se sesjariges afgesluit.

Inwoners van Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes is op 14 Oktober deur Goeiehoop VLU op ‘n lentetee trakteer.
IMG_2628 (Custom) IMG_2643 (Custom) IMG_2647 (Custom) IMG_2649 (Custom) IMG_2651 (Custom)

Tydens Goeiehoop VLU se lentetee het die sesjariges van Pienkie Ponkie Kleuterskool ‘n konsert opgevoer met talle bekende ou Volksliedere soos “’n Vlooi is ‘n ding wat byt, wat byt”. Die gaste het spontaan saamgesing en hande geklap.

Related Articles

Back to top button