Nigel SAPD het aangedui dat daar die afgelope tyd ‘n groot toename in die diefstal van hekmotors en batterye was.
Huiseienaars met elektroniese hekke word sterk aangeraai om ekstra maatreëls in plek te stel om hul eiendom te beskerm.
Nigel GPF het inwoners daarop gewys dat ‘n steunarm (bracket) met slotmeganisme aan die bokant van die hekmotor as voorsorgmaatreël ingespan kan word.
Hekmotors kan ook gemerk word en dit is ‘n goeie idee om ‘n naam en identiteitsnommer deur middel van gravering daarop aan te bring.
Dit sal die polisie ook later help om die wettige eienaars op te spoor indien daar op gesteelde hekmotors beslag gelê word.
Volgens Sers Dwaba vind die diefstal meesal in die vroeë oggendure plaas, maar alle woongebiede in Nigel word geteiken.



