Hoërskool John Vorster se meisies tennis A-span het op 18 Mei hul eerste kragmeting teen Hoërskool Die Anker afgeskop. In die enkelspel wedstryde het Shanté Badenhorst (regs) haar opponent 6-3 verslaan, terwyl Andrea Eland en Tshepo Matekane hul kragmetings met ‘n eindtelling van 8-1 elk gewen het. Leshe le Roux het die pot met ‘n telling van 0-9 verloor. In die dubbelspel wedstryde het Shanté en Leshe ook as wenners geseëvier nadat hulle Hoërskool Die Anker in die finale pot met ‘n telling van 9-0 geklop het.
Die meisies tennis B-span het ook teen Hoërskool Die Anker gespeel en in die enkelspel wedstryde het Katlego Mokonane met ‘n telling van 4-3, Blessing Malatjie met 7-0, Caslin Sibeko met 6-1 en Michela Greco met 7-0 gewen. Katlego en Blessing het die eerste ronde van die dubbelspel 6-1 gewen, terwyl Caslin en Michela albei rondes van die dubbelspel gewen het.