Simoné Moll en Madeli Grobler van Laerskool AG Visser is vir die Oos-Transvaal meisies o/13 Bokkieweek netbalspan gekies. Die provinsiale toernooi vind vanaf 2 tot 6 Julie in Naboomspruit plaas.
Armand le Roux en LJ Viviers van Laerskool AG Visser gaan Vaaldriehoek se o/13 rugbyspan tydens die Bokkieweek van 2 tot 6 Julie in Naboomspruit verteenwoordig.
Laerskool AG Visser se leerders het uitstekend gevaar tydens die eerste ronde van die Natuurwetenskap Olimpiade wat op 16 Mei plaasgevind het. Graad 6-leerder Ruan Nortje en Graad 7-leerder Shannon Crow is vir die distrikskompetisie wat gedurende Junie plaasvind, gekies.
Martin Joubert en Dave Pelzer van Laerskool AG Visser het onlangs aan die Gauteng krieketproewe deelgeneem waar hulle na die finale ronde wat op 26 Mei plaasgevind het, deurgedring het. Die proewe is by Queens High School in Johannesburg aangebied.