CrimeNews

Bejaarde man op Heidelberg plot vermoor

Paartjie aangeval terwyl hulle televisie kyk

Boet Smal is vroeër vanaand op sy Boschfontein plot vermoor toe rowers by sy woning ingebreek het.

Die voorval het omstreeks 17:20 op die hoek van Flamink- en Kwikstertjiestraat plaaasgevind. Daar word beweer dat twee verdagtes die grusame daad gepleeg het.

“Die rowers het die man twee keer in die kop en een keer in die bors gesteek,” het Heidelberg SAPD woordvoerder kaptein Thivhulawi Tshilate gesê.

Smal, in sy sewentigs, en sy vrou het glo televisie gekyk toe die rowers hulle met messe aangeval het. Sy vrou is met verskeie steekwonde in ‘n kritieke toestand in Parkland Kliniek opgeneem.

Daar word beweer dat slegs ‘n vuurwapen en selfone gesteel is.

Geen arrestasies is gemaak nie.

HERAUT sal meer inligting verskaf sodra dit beskikbaar is.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button