Arrie Nel Apteek bied nou meer dienste
Vriendelike en ervare personeel, waaronder ‘n gekwalifiseerde apteker en assistente, staan daagliks gereed om klante te dien en advies te verskaf.
Arrie Nel Apteek (voorheen Nigel Apteek) in Hendrik Verwoerdstraat vorm al langer as 40 jaar ‘n integrale deel van die gemeenskap en is bekend vir sy primêre gesondheidsadvies.
Die apteek bied ‘n verskeidenheid rakprodukte wat self-medikasie, grimering, parfuum, haarprodukte, skoonmaakmiddels, geskenke en lekkernye insluit.
Nóg ‘n toevoeging tot hul kwaliteit dienste is die gesondheidsorg kliniek wat deur suster Tebogo Dube bedryf word. Die kliniek is ‘n gesondheidsorgfasiliteit wat hoofsaaklik aan die versorging van buitepasiënte gewy word en spreek die behoeftes van die plaaslike gemeenskap aan.
Kliniekdienste sluit ondermeer die volgende in: toets van bloeddruk, cholesterol toetse, suikertellingtoetse, wondversorging, voorbehoed- en gesinsbeplanning, vitamien aanvullings, griepinspuitings, babasorg, urinetoetse, basiese noodhulp en ander algemene dienste.
Arrie Nel Apteek se personeel gaan uit hul pad om die gemeenskap met goeie pryse en professionele diens by te staan en daarom het die besluit om hul kliniekdienste uit te brei, ook gevolg.
Kliniekure is van Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 17:00, maar is gesluit tussen 13:00 en 14:00.
Arrie Nel Apteek is jou een-stop gesondheidsorg winkel. Besoek hulle vandag nog of skakel 011 814 5050 vir meer inligting.



