Louwrens van der Linde van Laerskool Tini Vorster is vir die o/13 rugbyspan gekies wat Vaaldriehoek tydens die Bokkieweek van 2 tot 6 Julie in Naboomspruit gaan verteenwoordig.
Verskeie van Laerskool Tini Vorster se netbalspanne het tydens die D5-uitspele wat vanaf 23 tot 29 Mei by Curro Helderwyk in Boksburg plaasgevind het, as ligawenners geseëvier. Hier is die o/13 A-span wat deur Antoinette Uys afgerig word: Kiarah Carols, Verushke Duvenhage, Chanté Coetzee, Brigitte van Schalkwyk, Monique du Preez, Deseré Steynberg en Abbeygayle van As.
Laerskool Tini Vorster se o/10 B-netbalspan is ligawenners. Hulle is Carli Schmulian, Layla Potgieter, Jolene Herbst, Monique van Vuuren, Kara Roberts en Chloé Simpson. Die span word deur Lorraine Rudman afgerig.
Laerskool Tini Vorster se o/10 A-netbalspan bestaan uit Synteché Hodson, Linél Claasens, Logan Ligthelm, Claudette Kapp, Alexia Johnson en Leyla Smith. Hulle is na afloop van die D5-uitspele in Boksburg as ligawenners gekroon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!