NewsSchools

Laerskool Tini Vorster lewer Sport sterre

Laerskool Tini Vorster

Louwrens van der Linde van Laerskool Tini Vorster is vir die o/13 rugbyspan gekies wat Vaaldriehoek tydens die Bokkieweek van 2 tot 6 Julie in Naboomspruit gaan verteenwoordig.

 

Verskeie van Laerskool Tini Vorster se netbalspanne het tydens die D5-uitspele wat vanaf 23 tot 29 Mei by Curro Helderwyk in Boksburg plaasgevind het, as ligawenners geseëvier. Hier is die o/13 A-span wat deur Antoinette Uys afgerig word: Kiarah Carols, Verushke Duvenhage, Chanté Coetzee, Brigitte van Schalkwyk, Monique du Preez, Deseré Steynberg en Abbeygayle van As.

 

Laerskool Tini Vorster se o/10 B-netbalspan is ligawenners. Hulle is Carli Schmulian, Layla Potgieter, Jolene Herbst, Monique van Vuuren, Kara Roberts en Chloé Simpson. Die span word deur Lorraine Rudman afgerig.

 

Laerskool Tini Vorster se o/10 A-netbalspan bestaan uit Synteché Hodson, Linél Claasens, Logan Ligthelm, Claudette Kapp, Alexia Johnson en Leyla Smith. Hulle is na afloop van die D5-uitspele in Boksburg as ligawenners gekroon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button