CrimeNewsBreaking News

Beskuldiges in opspraakwekkende Smuts-plaasmoorde vandag in hof

Die twee beskuldigdes in die opspraakwekkende Balfour‐plaasmoorde het vandag (25 Junie) vlugtig in die Delmas-hof verskyn waar die saak tot môre uitgestel is.

Waarnemende regter Thule‐Tu Tonjeni het die saak tot 26 Junie uitgestel om die staatsaanklaer Eric Sihlanga en Leona Fraser, ’n prokureur van Regshulp SA, kans te gee om “verskeie kwessies uit te sorteer”.

 

Die twee beskuldigdes bly in aanhouding tot Dinsdag. Hulle het verskyn op aanklagte van moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen asook ammunisie.

 

Die beskuldigdes se name kan nie bekend gemaak word nie omdat ’n seksuele klag deel van die aanklagte teen hulle is en hulle nog nie gepleit het nie.

Albei se borgtogaansoeke is in Junie verlede jaar van die hand gewys.

 

HERAUT het op 15 Februarie 2017 berig hoe Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is op 13 Februarie op die plaas Modderbult gevind. Louis en Belinda se twee kinders, toe 18 en 21 jaar oud, het op één dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor.

Belinda se liggaam is glo op die bank in die sitkamer gevind. Paulina se liggaam is glo in die slaapkamer gekry terwyl Gert se liggaam buite ʼn ander huis op die erf opgespoor is en Louis voor die kombuisdeur.

 

Belinda en Paulina is glo met komberse tot onder hul kenne bedek en Louis en Gert met swart seile. Dié moorde buite Balfour in Mpumalanga het die land geruk.

 

Gemeenskapslede en gesinslede van die Smuts‐familie was teenwoordig in die hof. Een van die beskuldigdes was glo die gesin se tuinwerker.

Albei beskuldigdes is glo Mosambiekse burgers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button