Twee Volkie-atlete se hoogspringatlete, Bianca Erasmus en Karel Olwage het op 14 Julie na Algiers (Algerië) vertrek waar hulle Suid-Afrika tydens die Afrika Spele gaan verteenwoordig.
Die atletiekkampioenskappe skop op 27 Julie af. Bianca het op 16 Maart aan die senior SA Atletiekkampioenskappe deelgeneem, waar sy op ‘n hoogte van 1,70m algeheel sewende geëindig het, terwyl Karel op ‘n hoogte van 1,95m algeheel agtste geëindig het. Albei atlete neem in die o/18 ouderdomsgroep deel.
Volg ons:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



