Plaaslike swemmers raap 19 eersteplekke by swemkampioenskappe op
Die swemmers het altesaam 19 eersteplekke, 12 tweedeplekke en sewe derdeplekke behaal en Victor Aquantum is as derdebeste senior klub en tweedebeste klein klub aangewys.
Swemmers verbonde aan Victor Aquantum Swemklub het vanjaar uitstekend gevaar by die Sasol Nasionale Winter swemkampioenskappe in Sasolburg waar nie een nie, maar drie rekords tydens die sesdag-kompetisie verbeter is. Cristopher Strydom spog met nuwe rekords in die 50m rugslag-item (33:54) asook die 100m rugslag-item (1:12:39), terwyl Byron Smit ‘n nuwe rekord in die 200m borsslag-item (2:57:29) opgestel het. Hier is hulle by Thilde Victor (links) en Pieters de Kock (regs).
15 Swemmers verbonde aan die Victor Aquantum Swemklub het vanaf 25 tot 30 Junie aan die Sasol Nasionale Winter swemkampioenskappe by die Penny Heyns Swembad in Sasolburg deelgeneem, waar hulle uitstekend gevaar het.
Hier spog Cristopher Strydom, Huib Sprong, Byron Smit en Wilhelm Verwoerd van Victor Aquantum Swemklub met hul eersteplek in die 4 x 50m wisselslag aflos (11 tot 12 jaar) tydens die Sasol Nasionale Winter swemkampioenskappe in Sasolburg. Hulle het ook ‘n eersteplek in die 4 x 50m vryslag aflos-item (11 tot 12 jaar) behaal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!