NewsSchools

Nigel rugby se tweedespan as ligawenners gekroon

Nóg ‘n puik vertoning deur Nigel se eerstespan het hulle ‘n plek in die semi-finaal wat op tuisveld plaasvind, besorg.

Nigel Rugbyklub se tweedespan het die afgelope naweek die Merlin-liga kroon verower deur Sasolburg in die eindstryd met ‘n telling van 23-19 te klop.

Goeie afronding in die eerste helfte het Nigel se tweedes van die sege verseker. Thokozani Nkozi, Olivethu Vuyo en Dawie Strauss het vir punte agter die pale gesorg, terwyl George Fritz ook met twee strafskoppe geslaag het. Strauss het een drie verdoel.

Ondanks ‘n loesing van 39-0, het Nigel se o/21s vir hulle ‘n plek in die semi-finaal oopgespeel, waar hulle weer kragte teenoor Sasolburg sal meet. Dié kragmeting vind op 4 Augustus op Sasolburg se velde plaas.

Nigel se voorhoede het toeskouers beïndruk en is goed afgerond met ‘n fees van drieë. Die puntemakers was Johan (Boeta) Kruger (1), Reon Bezuidenhout (1), Ja-Rico van Niekerk (1), Duan Tromp (2), Mathys Erasmus (1), Henk Marais (1) en Mohammed Lottering (1). Bezuidenhout het drie drieë verdoel, terwyl Tromp ‘n verdere vyf punte met ‘n suksesvolle strafskop en doelskop bygevoeg het. Die eindtelling was 53-27 in Nigel se guns.

Ondersteuners is welkom om die semi-finaal wat op 4 Augustus by John Vorster Stadium plaasvind, by te woon. Afskop is om 16:00.

 

Nigel Rugbyklub se eerstespan het na die semi-finaal deurgedring, nadat hulle Sasolburg die afgelope naweek met ‘n telling van 53-27 gewen het. Hier is Duan Tromp wat altesaam 15 punte vir sy span aangeteken het, in aksie op die veld.

Follow us on:

         

Facebook      Twitter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button