News
Oud, maar nie koud sê tuiste se inwoners
‘n Groep inwoners van Nigel Tuiste vir Bejaardes het hul drafskoene aangetrek en die warmer weer op 7 Augustus met ‘n drafstap begroet.
Volgens die bestuurder van die tuiste, Pieter Smit is ‘n stapgroep gestig om goeie gesondheid onder inwoners te bevorder. Indien gesondheid hulle toelaat, stap die groep bejaardes driekeer ‘n week onder die beskermende toesig van bestuurslede om die tuiste se perseel. Met glimlagte wat strek van oor-tot-oor was dit duidelik dat dié uitstappie liggaam en siel goed doen.
Volg ons op:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



